Die Goeie Leer

Posted by on in Die Goeie Leer

Christus se posisie, en dus Sy kerk se belydenis, in verband met Homoseksualisme (LGBT ens) is oor die laaste aantal jare ernstig onder die aanval van die wêreld. Maar soos wat dit in die geskiedenis van Christus se kerk nog altyd die geval is kon sy weer, deur middel van 'n belydenis, hierdie aanval beantwoord en wel, in hierdie geval, deur die Nashville Statement wat in Augustus 2017 deur talle kerkleiers opgestel en onderteken is.

Vir my siening oor die Nashville Statement gaan kyk gerus hierdie kort video.

b2ap3_thumbnail_Nasville-Statement.jpg

Hits: 1611
0

Hierdie is 'n vraag wat baie gevra word en selfs in Gereformeerde sirkels is daar verwarring rondom wat presies dit beteken. Om die vraag te beantwoord het ek 'n kort video saamgestel wat gekry kan word deur op die foto hieronder te klik.

b2ap3_thumbnail_Luther.jpg

Hits: 1663
0

Christus gesentreerde berading word gekenmerk wanneer die beradene al nader in verhouding met Jesus en met Jesus se bruid (die kerk ) tree. Die beradene sal meer en meer toegewyd wees in sy diens aan Christus en sal ook meer en meer van sy gawes en bronne, tot opbou van die liggaam van Christus, gee.

n Goeie berader word gekenmerk deur die Christus gesentreerde wyse waarop hy die beradingsproses hanteer. n Goeie berader sal altyd die beradene nader aan Jesus en Jesus se bruid roep. Hy sal die beradene altyd aanmoedig om meer diensbaar te wees en meer van homself te gee, nooit minder nie, want die goeie berader weet dat die beradene se fundamentele probleem is dat hy Jesus nie dien soos hy moet nie.

Enige berading waarin mense aangemoedig word om minder te dien en om hulself te distansieer van die gemeenskap van die gelowiges en van die werksaamhede van Christus se liggaam, selfs al is dit net vir n wyle, is onchristelik en sal nie lei tot die opbou en sielsgenesing van die beradene nie.

Jesus het mense altyd aangemoedig om meer te dien, Hom meer getrou te volg, meer vir Hom te doen en meer van hulself vir Hom te gee, nooit minder nie.

Mat 22:37; Luk 9:23-27, 57-62; 14:25-33

In die liefde van Christus, gegroet

b2ap3_thumbnail_DSC_0280.JPG

Hits: 1847
0